Skip to main content
13576702_1184202198276945_579446267130392202_o.jpg

Vriende !!

Daar is Junie ook ou verby !! Die jaar het sy halfpad merk gehaal op 21/22 Junie met die draai van die son en die langste nag en kortste dag, maar dit keer nie die koue nie.  Ek kry nog baie koud en is elke dag dankbaar dat ek ‘n warm bed het en ‘n dak oor my kop het

Ek het in Junie vir die eerste keer in Hartebeespoort opgetree.  Dit was ‘n groot voorreg om by die Nederduits Hervormde Kerk Hartebeespoort se bazaar te kon optree… die koektafels was my gunstelling.

Ek het ook lekker gaan kuier by die Breakfast Show op LekkerFM saam met ‘n groot gees in die radio bedryf, Anton Olwage, wat toevallig ook in Springs woonagtig is.  Dit w

as ook sommer lekker om Simone te ontmoet.  Ek maak elke dag soveel nuwe vriende!  Die lewe is mooi

Junie het ook nog ‘n verjaardag vir Monique Smuts ingehou, Monique ly aan spierdistrofie , maar die dapper meisie laat haar nie deur siekte of mense se kyke onderkry nie…. ‘n les om te leer by haar … moet nooit moedeloos raak nie

Ek het ook die geleentheid gekry om vir ‘n #Prinses te kon sing op haar verjaardag … sommer by haar skool se kermis.  Jou Parys “cupcakes” was die lekkerste Chante Gouws

Natuurlik was elke kuier op die plaas baie spesiaal

Dankie vir nog ‘n maand waarin ek my #Fairytale met julle kon deel.  Elke oomblik was wonderlik

Leave a Reply