Skip to main content
IMG-20151109-WA0012.jpg

Liewe Vriende

Ek kan nie glo die eerste 5 maande van 2015 is basies verby nie!!  Dit was 5 awesome maande met sommer baie om in my onthou-bêre boekie te hou !!

  Die jaar het afgeskop met Afrikaanse film primieres waarvan ek die een van Vir Altyd seker vir altyd sal onthou…Daar was ook primieres van Die Ontwaking , Modder & Bloed en Uitvlucht .  Die Afrikaanse film bedryf is propvol en kerngesond. 

Ons het al ver gery en nuwe mense ontmoet … Kimberley en heerlik gefees in Oudtshoorn by die jaarlikse KKNK .  Ek het skole besoek en vir “bikers” gesing … Een aand in November 2015 was ons by ‘n CD Vrystelling by Weiveld, my onuitgesproke droom was om ook daar te kon optree…dieselfde aand is my wens vervul toe ek hoor dat ek vir Valentynsdag 2016 by Weiveld bespreek is om op te tree… 13 Februarie 2016 was vir my ‘n groot WOW en regtig ‘n hoogtepunt…’n geleentheid wat my altyd sal bybly …My eerste tydskrif voorblad het ” gebeur ” in hierdie tyd.  Baie dankie East Rand Teen Magazine dat ek jul heel eerste voorblad kon volmaak.  Dit was ‘n groot voorreg om die geboorte van iets nuuts te kon aankondig!!

2016 het sover ook sy kwota swierigheid opgelewer toe almal van kop tot tone in blink getooi die Ghoemas bygewoon het ….

Op ‘n meer persoonlike vlak het ek vir ‘n tweede keer tannie geword… die keer vir die mooiste klein #Prinses…Die trotse tannie van my eie Prins en Prinses in my Fairytale.  Hulle is pragtig en kosbaar en herinner my elke dag hoekom die lewe mooi is

Die hoogtepunt van my 2016 sover seker die besluit om met die opneem van ‘n tweede album te begin en natuurlik die eerste nuwe liedjie wat onlangs opgeneem is … wat die res van die album betref sal ons almal maar moet wag… die eerste was ‘n Ghoema en Huisgenoot Tempo genomineerde Fairytale en ek hoop soveel meer vir die tweede….

Dankie vir elkeen se onvoorwaardelike ondersteuning , liefde en vriendelikheid.  Elkeen van julle is ‘n rusplek op my pad.  Dankie vir elke boodskap, foto, en CD wat julle koop. 

Ek sien uit na elke uitdaging en geleentheid wat 2016 vir my inhou want ek weet wat God vir my beplan – Jer 29:11 … nie net vir my nie, maar vir elkeen van julle

Trek die ” winter woollies ” nader… die winter is hier

Leave a Reply