Vriende …
Ek het so lank na die Oktober toer saam met Len Muller en Ray Dylan uitgesien en binne ‘n oogwink is dit verby!!
Ek het so baie nuwe mense ontmoet en vriende gemaak , maar bo alles het ek geleentheid gekry om ons mooi land te verken en dit alles terwyl ek doen waarvoor ek ongelooflik lief is
Dankie aan die volgende dorpe vir die geleentheid om daar te kon kuier
Odendaalsrus – Odensia Primere Skool – Dankie Marlouw… ek verstaan ons sien mekaar gou wer
Burgersdorp – Somerfees – Dankie Vangie…
Middelburg Oos Kaap – Dankie aan die Hoerskool – Dit was ‘n onvergeetlike aand
Victoria Wes – Ons het lekker geshow by die gekombineerde skool asook die Kooperasie , lekker gebly op die plaas en heerlik geeet by Boer Johan
Paarl – Dankie EJ’s, was sommer lekker om Familie en vriende daar te kon he . Dankie Wilna , Tannie Mara , Anreen en ons eie agent Vaughn van Wyk dat julle daar was om ons te ondersteun
Port Elizabeth – Dankie Romilda, Boardwalk en al 3 promosies was pret. Ons het lekker saam julle gekuier en nuwe vriende gemaak. Willem en Donovan van Die Trein… baie voorspoed vir die toekoms
St Francis – Dit was so lekker om die dorpie te leer ken. Dis pragtig en die mense is baie vriendelik. Dankie Harm en jou gesin vir ‘n warm ontvangs , lekker kos en show en ook die verjaardag geskenk
Heroldsbaai – Bush Lapa – hierdie plek le my na aan die hart. Ek ht in 2015 vir KD ontmoet en soos toe het dit soos ‘n tuiste gevoel. Dankie Bush Lapa ek hoop om julle gou weer te sien
Parys – Dome Fees – Wat kan ek se… vriendelike mense, goeie klank, baie wow verhoog… dit was ‘n voorreg
Upington – Kuierfees – In die hat van die Kalahari vind ek toe mos goud ! Dankie Lizelle en Terry! Dankie North Western Motor Company vir die vervoer in jul Ford Eco Sport en dankie Nico & Deloche Smit dat julle so goed was vir my … ek het lekker gekuier en hoop van harte dat dit nie die laaste sien van Upington was nie…PS ek hoor daar is ook ‘n skou!!
Klerksdorp – RIO Casino – Dit was ‘n ongelooflike aand ! Dankie vir julle ondersteuning en die vol teater…enige kunstenaar se droom
Krugersdorp – Pro-Practicum Skool -nDankie Esmerelda – Julle het uit jul pd gegaan om dit vir my lekker te maak. Ek waardeer julle en het sommer tuis gevoel… glo ek sien julle beslis weer
Rustenburg – Family Courtyard – Hier het ek die mense van Care 2bKind ontmoet. Mense wat hulle harte oopmaak vir ander wat swaarkry… sommer ook ‘n gemaklike venue waar almal lekker saam kuier
Die toer het ongelooflik baie vir my beteken… ek het ‘n onvergeetlike 21ste verjaardag gehad. Baie dankie vir elke geskenk, gesels en elkeen wat ‘n CD gekoop het… julle is kosbaar. Dankie vir die geskenke uit Italie … ek het nie genoeg woorde nie
Wat ek wel weet is dat my CD se naam gepas is #InOnsFairytale , want ek leef my droom en elke dag is ‘n hofstuk in ‘n Fairytale… julle is die mense wat my soos ‘n #Prinses laat voel
Dankie Vaughn van Wyk van The Legacy Events vir die geleentheid en vertroue wat jy in my gestel het…ek waardeer dit opreg
Tot volgende maand …