Vriende , ek het so baie op die hart.
Hierdie is my eerste blog / nuusbrief aan julle, ek glo dit sal elke maand verbeter en meer inligting bevat…
Die maand van liefde is verby , dit was ‘n lekker vol maand wat op ‘n goeie noot afgesluit is. Ek het die voorreg gehad om deel van Stiaan Reyniersie & Vriende se fondsinsameling by Kaya Beach in Garsfontein te wees. Dit was regtig lekker om weer ‘n verskil in ‘n kind se lewe te kon maak en in die proses nuwe vriende te maak. Ek het die voorreg gehad om 2 film primieres by te woon , Vir Altyd was regtig een van die mooiste films wat ek in ‘n lang tyd gesien het… as jy nog nie het nie, maak ‘n plan . Die Ontwaking is ‘n spanningsdrama gegrond op ‘n boek “Abel se Ontwaking” by Chris Kartsen…spannend maar goed ! Ek het ook die voorreg gehad om Quantré se ” Launch ” by te woon. Quantré is ‘n verhuringsafdeling wat Matriekafskeidprojek se fondse aan te vul. Matriekafskeidprojek help minderbevoorregte leerders van verskeie skole om hul droom Matriek Afskeid te kan bywoon . Besoek hulle op https://www.facebook.com/Matriekafskeid-Projek-244411132426430/?fref=nf as jy by die projek wil betrokke raak
Die seisoen is besig om te draai en somer is vinnig besig om in herfs te verander… die sonnetjie steek later soggens sy koppie uit en ek is lankal wakker voordat dit lig word. Die oggendluggie raak ook koeler alhoewel dar nog geen aanduiding van herfs in die dagtemperature is nie
Maart maand hou baie dinge in …ek het pas terug gekeer van Kimberley af waar ek lekker opgetree het en sommer ‘n dag gaan spandeer het by die Groot Gat , was dit nou lekker !! Familie tyd is vir my kosaar, ek kry nie altyd kans om by belangrike familie geleenthede te wees nie, die Kimberley ” trippie ” was lekker , my ouers was saam en ons kon waardevolle tyd op die pad saam spandeer .
Ek het ook besoek gaan aflê by Blairgowrie Primary in ‘n inisiatief van die Afrikaanse Oderwyser, Juf Elizna Meyer , om as deel van die Afrikaanse klas die Engelse leerders aan Afikaanse musiek voor te stel. Ek was uit my sokkies verras met ‘n hartlike ontvangs deur die hele skool. Hulle het die voorafgaande week geleentheid gehad om navorsing oor myself en my loopbaan te doen , na my video’s te kyk en het selfs video boodskappe op my blad geplaas… ‘n sonnige klomp kinders ! Die dag by hulle was vol verrassings en soos altyd het ek baie by die klomp geleer… Dankie vir elke leerling wat ‘n CD en / of Poster kom koop het en geduldig in die ry gestaan het om met my te kom gesels … dis daardie gesels wat my hart laat warm klop, want kinders is eenvoudig net spesiaal .
Juf Meyer verdien ‘n medalje vir die hantering van al die reëlingsen ook die bestelling van ekstra CD’s en Posters wat gedurende die tweede week van Maart afgelaai gaan word. As jy graag so inisiatief by jou skool van stapel wil stuur, kontak my kantoor vir navrae.
‘n Tikkie hartseer tydens my besoek aan Blairgowrie Primary was die besef dat ongeveer 80% van die leerders gesê het hulle het al onder boeilies deurgeloop… hartseer om te dink dat tussen daardie pragtige gesiggies kinders is wat so seer het dat dit vir hulle nodig is om ook seer te maak…Wat my gelukkig maak is dat daar aksie in plek is by die skool om kinders daarmee te help.
Ek kan in alle opregtheid baie dankie sê vir my bemarkingspan Starburst Promotions en ook vir my agent Vaughn van Wyk van The Legacy Events vir ‘n volg program, ek is geseën met optredes regoor die land gedurende die loop van die jaar . Gaan loer gerus by Toerdatums om te sien waar ek oral kuier en laat jou boodskap by Kontak indien jy ‘n optrede in jou omgewing wil reël. Ek kan nie wag om van julle te hoor nie…
Buiten Herfs wat sy verskyning maak in Maart, begin daar ook nonderhandelinge vir ‘n nuwe seisoen in my loopbaan … hou gerus my sosiale media en blog dop vir meer …
Dis belangrik vir jou wat hier lees om te weet dat jy vir God belangrik is , ongeag hoe jy vandag mag voel #JyMaakSaak
Fairytale Groete
Sharoney