‘n Nuwe jaar hou altyd so baie emosies in … afwagting … opgwondenheid … moontlikhede…Ek hou amper half asem op vir daardie ” count down ” op oujaarsaand , want dit voel daarna asof mens ‘n nuwe boek oopmaak… op ‘n nuwe bladsy begin skryf, dalk ‘n nuwe hoofstuk begin. Die asem wat ek diep inhaal is ook sommer skoner, koeler en varser !!
Elke jaar is vir my ‘n nuwe skatkis waarin daar iets opgesluit is wat ek wil verower… soms met sukses en soms minder suksesvol , maar altyd passie gedrewe…
2018 het sy verskynking gemaak op ‘n koue aand op Hartenbos se strand, met die mooiste vuurwerke in die lug en blydskap op die gesigte van almal wat ook die liggie-fees kom beleef het… ek en my gesin het te midde van die joligheid hande gevat en gebid… ‘n dankbaarheid uitgespreek vir ‘n wonderwerk 2017 en seeninge afgebid op die planne en drome wat opgesluit is binne die grense van 2018… ek het daar geweet 2018 moet vir my ‘n lighuis jaar wees. ‘n Jaar waarin ek kan Skyn soos nog nooit tevore, nie net op die verhoog waar ek my drome-legkaart van my toekoms bou nie , maar ook in die straat, by die Pick ‘n Pay, die gym, op sosiale media… God is my battery … ek Sy lig… binne in my ‘n honger om die lewe beter te maak , vir jou , vir my , die man met die bedelbord op die hoek, die skooljuffrou…
Dit was nie duidelik hoe dinge in plek sou val nie, maar ek het geweet as God die saad plant al hy ook die water gee vir dit om te groei, ek was ook nie teleurgesteld nie . Gedurende een nag van min slaap en baie planne maak het ek van ‘n inisiatief gelees wat gedryf word deur Rex van Deventer van Entertainment & Events Factory met die naam Dare to Care … die woorde in die bekendstelling lui … ” Die wereld kan soms soos ‘n onvriendelike , dreigende plek lyk, maar deur goederentierenhede te erken en iets anders vir iemand anders te doen , kan jy ‘n ketting reaksie van vrygewigheid en deurdagte gedrag begin , wat die bui van vriende , bure en vreemdelinge verhelder … ” Paying it Forward” sal jou goed laat voel en so ook iemand anders goed laat voel.” Hierdie bekendstelling het dadelik met my gespreek… was ek die Samuel van ouds waarmee God in die nag in die tempel gepraat het ? …Dit weet ek nie, veral nie vanwee my blonde hare en vroulike geslag nie… die ” Skrif ” aan die muur was in my taal… duidelik en verstaanbaar. Dit was die saad waarna ek opsoek was , daardie “iets” wat moes groei om meer te wees…
Ek is dankbaar dat ek op die vooraand van Februarie 2018 kan se ek het my ” calling ” gevind… ‘n bietjie waagmoed… ‘n bietjie handuitreik… ‘n bietjie van iemand wat die ” Dare to Care ” filosofie toegepas het en vir my ‘n lappie grond op hierdie akker te gee…Dankie Rex ( Entertainment & Event Factory ) en Alishia van Deventer van Starburst Promotions vir die wonderlike eer en voorreg om Ambassadeur en ondersteuner van hierdie waardige doel te kan wees …
My beker loop oor, my voetval is gemaklik en my hart vrolik… ek het plek gevind waar ek my liefde kan uitdeel, ‘n platvorm wat omgee… liefhe en lewens verander
Hoe bevoorreg kan ek wees?
Ons huidige projek is om 100 kinders te bederf met splinternuwe skoolskoene . Indien jy graag wil help of donasie maak , stuur jou besonderhede na info@sharoney.co.za of rex@eefactory.co.za. Ons sal spoedig met jou in verbinding tree . Hierdie is nie geld uitgee nie, dis geld investeer in iemand se toekoms … ek weet jy wil !