Skip to main content
IMG-20160720-WA0000.jpg

Augustus is die tyd van die jaar wat die winde begin waai, dit nooi die lente nader en roep die reenseisoen…Dit is ook die tyd van die jaar wanneer Matriekafskeid by skole plaasvind.  Ondersteun asb. die verskeie organisasies wat kinders wat uit minder bevoorregte agtergronde kom om ook ‘n droom aand te beleef. Elke meisie verdien om #EenKeer soos ‘n #Prinses te voel en elke jongman soos ‘n prins.  Hier in Springs kan jy vir Leonie Cronje kontak by 071 813 0401

Ek het in Julie by ‘n dorpie met die naam Bray , baie naby aan die Botswana grens gekuier.  Dit was onvergeetlik en verbasend hoe lekker die klein dorpie met die stofstrate se mense saam kon kuier.  My ” journey ” neem my na plekke waarvan ek nie geweet het nie.  Ek is ongelooflik bevoorreg om ons mooi land en sy mense te leer ken terwyl ek doen waarvoor ek so lief is

Julie het ook die opname vn EDEN se liedjie Superhero ingehou.  Die liedjie is spesiaal vir Ruben Scharneck opgeneem.  Hy is my SUPERHERO, hoekom?  Hierdie klein seuntjie, wat net 6 jaar oud is ,  is ‘n kankerlyertjie, maar hy laat nooit sy diagnose toe om sy glimlag en lewenslus te steel nie.  Dit was ‘n voorreg om deel van die liedjie opname te wees, net soos wat dit ‘n voorreg is om deel van Ruben se lewe te wees.  Om meer te lees oor Ruben , besoek gerus die Hope4Ruben Facebook Blad

Dan was daar natuurlik ook my besoek by Laerskool PAM Brink op Mandeladag!  Dit was ‘n belewenis om kindertjies opgewonde te sien.  Elke glimlag was goud werd.  Dankie Piet van Coller en Rene Dalton van Brand Club wat die lekkergoed vir die gelukspakkies voorsien het.  Daar is darem min dinge wat my hart kan laat klop soos ‘n gelukkige kind

Saam met die winde van verandering en die verandering van seisoene is daar steeds my drome… vasgepen in my hart.  Opgee is nie ‘n opsie nie en met God aan my kant sien ek kans.  Dit is nie wat mens bereid is op te doen om jou drome te verwesenlik nie, maar eintlik wat jy bereid is om op te gee….

Mooiloop Augustus Maand vir elkeen van my vriende wat my so getrou ondersteun.

Leave a Reply