Maart / April - Goeie Herinneringe & Goeie Tye Wat Wag!

Sjoe!

 

​Tyd vlieg tog so gou verby!!!

 

Dit voel soos nou die dag wat n klomp van ons gesels het oor die nuwe jaar se dinge. En nou is dit net weer herrinneringe wat ons oor het.

 

Maart is die maand van KKNK, al wat leef en beef weet dit. Van Desember af, tel ek al die dae af tot by KKNK. Toe ek weer sien toe het Maart baie vinniger aangebreek as wat ek ooit kon dink.

 

Dis Maart,dis weer tyd vir die groot trek Oudtshoorn toe vir die jaarlikse KKNK. Die tasse is propvol gepak, al die nodige toerusting is in, die kattebak kreun so vol is die motor gepak. Al wat nou oor bly is die LLLAAANNNGGG pad Oudtshoorn toe. Ek is so opgewonde, dis eintlik nie eers snaaks nie. Al waaraan ek kan dink is: Al my optredes, rond hol tussen venues, ek is heeltyd bewus van waar die horlosie staan en waar ek volgende moet wees. Dan as die son sy laaste liggie gooi begin ek weer te dink aan waar almal bymekaar gaan kom na n vol dag, waar gaan ons bietjie uitspan na n lekker besige dag, wie gaan ek almal weer sien. KKNK is die tyd van die jaar waar al ons vriende weer bymekaar kom, saam kuier, en bietjie opvang van wat in wie se lewe gebeur het in die laaste tyd. OE! Maar dis die tyd van enige kunstenaar se lewe. KKNK, 7 Dae, 15 Vertonings, Kuier saam vriende, Laat aande, Vroeg oggende! Ek drink elke oomblik van die tyd in, maak soveel as moontlik ''memories'' want dis tog al wat ek oor het as KKNK sy eindfluitjie blaas. KKNK 2016 was seker een van baie goeie tye in my lewe & loopbaan. Ek het so baie geleer van my beroep, die musiek industrie, so baie geleer by my mede kunstenaars en baie geleer van myself. Ek het weereens besef hoe geseend ek is. Ek is geseen met n talent, en wat n voorreg om dit te kan uitleef.

 

So kom n ongelooflike tyd van fees tot n einde. KKNK 2016 nou net n herrinnering...

 

Aril is hier, ek is weer tuis, en gereed vir meer!

 

Die maand is propvol vertonings, onderhoude en aand geleenthede. Ek sien so uit! Elke naweek pak ons die kar,oppad na een van my vertonings. Kyk uit vir die datums op sosiale media. Wie weet miskien is ek in jou tuis dorp te sien.

 

Ek het myself belowe ek gaan harder werk! En ek sien so uit na n nuwe jaar. Nuwe uitdagings en o ja hoe kan ek vergeet. n Tweede album is oppad.!

 

Hou die spasie dop vir meer

 

Feeverhale word waar, die tower staf is in God se hand, jy moet net geduldig wag.