Blog

Sharoney se 2016 Somer Kersfees
Feestyd

Vriende ... Desember is 'n tyd van feesvier, liggies , geskenke , samesyn en vreugde.  Kersmusiek weerklink in winkel gange en mense is op die oog af almal in goeie luim, maar onder al die klaterblink, feesliggies en kunsmatige vreugde skuil daar baie hartseer, swaarkry en , ja ... ek is seker ook verwyte oor baie dinge wat skeefgeloop het in 2016...

Oktober 2016 Toer

Vriende ...

​Ek het so lank na die Oktober toer saam met Len Muller en Ray Dylan uitgesien en binne 'n oogwink is dit verby!!

​Ek het so baie nuwe mense ontmoet en vriende gemaak , maar bo alles het ek geleentheid gekry om ons mooi land te verken en dit alles terwyl ek doen waarvoor ek ongelooflik lief is

​Dankie aan die volgende dorpe vir die geleentheid om daar te kon kuier

Ruben Scharneck - My eie SUPERHERO
Augustus se Winde van Verandering

Augustus is die tyd van die jaar wat die winde begin waai, dit nooi die lente nader en roep die reenseisoen...Dit is ook die tyd van die jaar wanneer Matriekafskeid by skole plaasvind.  Ondersteun asb. die verskeie organisasies wat kinders wat uit minder bevoorregte agtergronde kom om ook 'n droom aand te beleef. Elke meisie verdien om #EenKeer soos 'n #Prinses te voel en elke jongman soos 'n prins.  Hier in Springs kan jy vir Leonie Cronje kontak by 071 813 0401

 

Winter is halfpad

Vriende !!

 

Daar is Junie ook ou verby !! Die jaar het sy halfpad merk gehaal op 21/22 Junie met die draai van die son en die langste nag en kortste dag, maar dit keer nie die koue nie.  Ek kry nog baie koud en is elke dag dankbaar dat ek 'n warm bed het en 'n dak oor my kop het

 

Ek het in Junie vir die eerste keer in Hartebeespoort opgetree.  Dit was 'n groot voorreg om by die Nederduits Hervormde Kerk Hartebeespoort se bazaar te kon optree... die koektafels was my gunstelling.

 

Fairytale Mei
Tyd het Vlerke!!

Liewe Vriende

 

​Ek kan nie glo die eerste 5 maande van 2015 is basies verby nie!!  Dit was 5 awesome maande met sommer baie om in my onthou-bêre boekie te hou !!

 

 ​Die jaar het afgeskop met Afrikaanse film primieres​ waarvan ek die een van Vir Altyd seker vir altyd sal onthou...Daar was ook primieres van Die Ontwaking , ​Modder & Bloed en Uitvlucht .  Die Afrikaanse film bedryf is propvol en kerngesond. 

 

Pages