Blog

Dis Desember !!

Dis Desember...

My gedagtes aan Desember gaan onwillekeurig gepaard met somer, son, vakansie , Kersliggies, vreugde en feesvieringe en baie lekker kos !!

Dis die tyd van die jaar waarin ons aanvaar dat almal outomaties meer opgewek is, bietjie meer uitbundig is en almal oor die algemeen gelukkiger is.  Dit word ook so gepropageer deur die advertensies in die media ... ongelukkig is dit nie die realiteit nie 

Borrelende sangeres durf om om te gee om vir ander!

Die borrelende sangeres, Sharoney, sit nie stil nie.  Sy het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing en het ook gedurende 2017 haar tweede album getiteld, SKYN, uitgereik.  Die eerste twee enkelsnitte vanaf hierdie album,Skyn en Toe gaan jy weg, het op die trefferparades geboer en die baie inspirerende musiekvideo van Skyn kan steeds gereeld op verskeie televisie kanale gesien word.
 

Kry Waagmoed !! Dare to Care ... Dare to Share

'n Nuwe jaar hou altyd so baie emosies in ... afwagting ... opgwondenheid ... moontlikhede...Ek hou amper half asem op vir daardie " count down " op oujaarsaand , want dit voel daarna asof mens 'n nuwe boek oopmaak... op 'n nuwe bladsy begin skryf, dalk 'n nuwe hoofstuk begin.  Die asem wat ek diep inhaal is ook sommer skoner, koeler en varser !!

​Elke jaar is vir my 'n nuwe skatkis waarin daar iets opgesluit is wat ek wil verower... soms met sukses en soms minder suksesvol , maar altyd passie gedrewe...

#ToeGaanJyWeg

Dit is met groot en helder strale van dankbaarheid dat ek kan sê my enkelsnit #Skyn het en doen steeds ongelooflik goed op treffersparades landwyd. Ek kan net dankie sê aan elkeen wat my ondersteun en dit aanvra op radio stasies.  Ek waardeer julle uit hart!

So staan ons aan die begin van nog 'n nuwe seisoen in my loopbaan met die vrystelling van 'n tweede enkelsnit van my nuwe album #Skyn , met die titel #ToeGaanJyWeg

#Skyn , maak nie saak hoe donker dit om jou voel nie

Goeie Dag Vriende 

​Dis heerlike lente buite maar tesame daarmee is ek ook opgewonde , want daar is lente in my hart !  

Pages